Troues en Funksies
Troues
Geleë op ons vredevolle oord, bied ons ‘n romantiese omgewing vir jou spesiale dag. Ons kapel bied ‘n asemrowende agtergrond vir jou huwelikseremonie, terwyl ons elegante onthaallokaal die perfekte plek is om saam met geliefdes fees te vier. Ons sorg vir al die besonderhede en het ‘n sjef op die perseel wat gereed is om ‘n heerlike spyskaart saam te stel om jou smaak te pas.
Vir meer inligting en om ‘n kwotasie te ontvang wat aangepas is vir jou spesifieke behoeftes, moet asseblief nie huiwer om ons te kontak nie.



Venue Huur
Ons wil graag ‘n troupakket skep, eie tot jou en jou toekomstige lewensmaat se behoeftes, om te verseker dat jou spesiale dag verwagtinge oortref sonder om jou begroting te oorskry.
Huur van Kapel en Onthaallokaal – R11 000
Kapel OF Venue – R6000 elk
Breekskadedeposito van R4500
KAPELHUUR SLUIT IN
Kerkbanke
Boeket staan
Konfetti houers
Registrasie tafel
Tafel vir kanapés
ONTHAAL VENUE HUUR SLUIT IN
Houttafel vir bruid en bruidegom
Hout tafels en stoele
Wit breekware en glase
Sapkanne
DJ tafel
Kragopwekker indien nodig
Swartbord vir spyskaart
Tafels vir buite
Skoonmaak span
NIE INGESLUIT NIE
Blomme & dekor
Linne en servette
Konfetti
Klankstelsel & DJ
Kroegman
Kelners
Vuur vir die aand
Funksies
Ons veelsydige kapel en venue is nie net beperk tot troues nie; hulle is perfek om ‘n wye verskeidenheid spesiale geleenthede aan te bied wat die lewe se onvergeetlike oomblikke vier. Van ‘n intieme kombuistee of ooievaarstee tot groot verjaardagvieringe en betekenisvolle herdenkings, ons ruimtes kan aanpas om by enige geleentheid te pas. Ons maak ook voorsiening vir die korporatiewe wêreld, en bied fasiliteite vir konferensies en korporatiewe funksies. Of dit nou ‘n professionele vergadering of ‘n kreatiewe fotosessie is, ons oord is die ideale agtergrond.

